‘n Vrou (71) en drie kinders van onderskeidelik drie, agt en 10 jaar oud is op 15 Junie op Piet Retief in Mpumalanga vermoor.
‘n Vyfde persoon het die voorval oorleef en word tans in die hospitaal behandel. Die slagoffers het almal skietwonde opgedoen, berig Women for Change.
Die bejaarde vrou se 32-jarige kleinseun is in verband met die moorde in hegtenis geneem.



