Funky Hlongwane (35) het Saterdag 17 Junie 2023 aan beserings in ‘n hospitaal in Limpopo beswyk.
Kol. Malesela Ledwaba sê ‘n vrou (42), haar seun (23) en twee neefs, onderskeidelik 32 en 36 jaar oud, is vir klagtes van moord, ontvoering en aanranding met die doel om ernstig te beseer, vasgetrek.
Ledwaba sê die oorledene en ‘n vriend (32), ‘n onderwyser, was volgens rapportering Saterdag omstreeks 07:05 tuis toe hulle glo beskuldig is dat hulle die vrou se bokke gesteel het en daarna ontvoer is.
Die beweerde aanranding en moord het om ongeveer 09:05 op Morarelaplaas, in Elandskraal-polisiëringsarea in die Sekhukhune-distrik plaasgevind.
Die twee is vasgebind en met verskeie wapens, onder andere ‘n hamer, aangerand. Die onderwyser is later vrygelaat. Hy het die insident aan die polisie gerapporteer.
Die polisie het na die perseel gehaas en die beseerde oorledene, wat nie kon praat nie, in ‘n lêposisie gevind.
Nooddienste is ontbied en die oorledene is na ‘n plaaslike hospitaal geneem waar hy later aan sy beserings beswyk het.
Die vier verdagtes wat vasgetrek is, sal na verwagting Maandag 19 Junie in die Groblersdal-landdroshof verskyn.
Die ondersoek duur voort.
Lt.genls Thembi Hadebe, provinsiale kommissaris het die insident as sinneloos en brutaal beskryf en die polisie vir die inhegtenisnemings van die verdagtes geprys.
“We keep on mentioning that taking law into your own hands is not a solution, instead it causes unintended results” het Hadebe afgesluit.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



