Derick Hougaard baklei steeds vir sy gesondheid in die intensiewesorgeenheid van ‘n hospitaal in Tshwane.
Nádine het vanmiddag kort voor besoektyd gesmeek vir privaatheid vir Derick se familie en vir haar.
Slegs sy familie en Nádine word soos per hospitaalreëls by hom toegelaat.
Haar pleidooi is ook pertinent aan Louis Liebenberg gerig.
“Al wat belangrik is nou, is Derick se lewe,” sluit sy af.
Lees haar Facebook-plasing hier:
Ek is jammer om hierdie op ‘n Facebook plasing te skryf, maar dis ‘n smeking! Ek word agtervolg en gedreig sedert gister omdat sekere mense reg toeien om by Derick te wees!
Hierdie is ‘n intensiewesorgeenheid! Hier word vir mense se lewens baklei! Vir lewe word daar hier gebid en gewerk!
Slegs Derick se nabye familie en ek word toegelaat by sy bed. Dit is die waakeenheid se reëls, en hou asseblief in gedagte dat hier ander kritiese pasiënte ook lê op masjiene! Derick is bitter siek en baklei hard om sy lewe en suurstof.
Ek pleit by Louis Liebenberg, Helena Niedinger, mense met kameras om ASSEBLIEF nie langer te skreeu, foto’s te neem van Derick op ventilator, monitors en drips, en personeel te ontstel wat fisies vir Derick en ander se lewens baklei nie! Asseblief moet my nie langer inwag by hospitaal deure en afneem nie! En ek het geen idee waartoe hierdie mense in staat is nie. Maar die laster teen my is verkriklik! En vir Louis om te sê dat die lewe in Derick se liggaam lankal hierdie aarde verlaat het, is om dood te spreek oor iemand wat LEEF! Daar is slegs een Vader wat lewe en dood gee of neem, en dit is my Hemelse Here waarin ek glo!
Dankie vir elkeen daar buite se GEBED! Ons God wat lewe is, is GROTER as enige dreigement of fisiese konfrontasie. Kan ek asseblief vra dat julle bly bid vir Derick, terwyl my aandag tans op sy veiligheid is.
Al wat belangrik is nou, is Derick se lewe
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



