Nádine se boodskap oor Derick se hospitalisasie

Deel hierdie storie / Share this story

Derick Hougaard, SA se “liefling” oud-rugbyspeler is volgens beriggewing die afgelope dae in ‘n hospitaal in die Jakarandastad. Sangeres Nádine het ‘n boodskap hieroor op sosiale media geplaas.

Volgens berigte veg hy vir sy lewe nadat hy gaan slaap het en nie weer wakker geword het nie.

In sommige kommentaar is gesê dit blyk longontsteking te wees. Nádine se plasing het bevestig dat sy siekte longverwant is.

Nádine se boodskap kan hier gelees word:

Dankie vir ieder en elke gebed..

Elke persoon wat lewe spreek oor Derick..

6 dae nou in intensiewesorgeenheid. Dis baie swaar. Die dokters en susters is egter wonderlik en die Vader werk deur hul hande.

Ek bid dat sy longe hul skeppingsdoel weer sal vervul – om net asem te haal.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.