Laerskool in Amerika verban die Bybel oor ‘geweld en vulgariteit’

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Nog ’n koue front verwag vir Wes-Kaap

’n Skooldistrik in Utah, VSA, het die Bybel uit verskeie skole verwyder na dit verban is oor “geweld en vulgariteit”.

Dit volg na ’n ouer gekla het die King James Bybel bevat materiaal wat onvanpas is vir kinders. Die ouer het glo gesê die King James Bybel is “pornografies” as mens hulle nuwe definisies gebruik en het “geen waarde vir kinders nie”.

Owerhede het gesê hulle het reeds begin om die Bybel te verwyder by die laerskole en het bygevoeg dit is nie deel van die kinders se kurrikulum nie. Die Bybel sal nie uit hoërskole verwyder word nie.

Bronne: BBC, Mirror, Fox News

Lees ook: Nog ’n koue front verwag vir Wes-Kaap