Lees ook: Nog ’n koue front verwag vir Wes-Kaap
Twee verdagtes is Dinsdag in onverwante voorvalle in die Wes-Kaap in hegtenis geneem vir die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie.
Die Bishop Lavis-polisie was besig om in Prunusstraat te patrolleer toe ’n man skielik omdraai toe hy die polisievoertuig sien. Polisielede het die man te voet gejaag en deursoek en ’n pistool en ammunisie in sy besit gevind.
Die ander verdagte is in hegtenis geneem na die polisie inligting ontvang het oor ’n eiendom in Bergstraat. Hulle het die mense in die gebou deursoek en ’n man met ’n vuurwapen en ammunisie in sy besit in hegtenis geneem.
Die verdagtes sal binnekort in die Bishop Lavis-landdroshof verskyn.
Bronne: SAPS
Lees ook: Nog ’n koue front verwag vir Wes-Kaap



