Victoria Tepo (47), ‘n tolk van die hof, is Dinsdag 13 Junie 2024 tot vier jaar tronkstraf deur die Lichtenburg-landdroshof in Noordwes vir korrupsie gevonnis.
Lt.kol. Tinyiko Mathebu, polisiewoordvoerder, sê Tepo en haar medepligtige het in Augustus 2016 omkoopgeld van R5 000 van ‘n klaer gevra om ‘n dossier te laat verdwyn.
Haar medepligtinge is gedurende die verhoor oorlede.
‘n Geheime operasie is deur die Valke uitgevoer waartydens Tepo, toe sy vergoeding van die klaer ontvang het, in hegtenis geneem is.
Sy is in die hof skuldig bevind en tot vier jaar gevangenisstraf gevonnis, waarvan die helfte vir vyf jaar opgeskort is. Sy sal dus twee jaar effektief uitdien.
Maj.genl. Patrick Mbotho, die provinsiale hoof van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke en dr. Rachel Makhari, die direkteur van openbare vervolging in Noordwes, het die vonnisoplegging verwelkom.
Mbotho het verder gesê die twee entiteite sal nie huiwer om op te tree deur inhegtenisnemings en vervolging nie.
Die ondersoekspan en die aanklaer is verder vir die suksesvolle skuldigbevinding geprys.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



