‘n Taxibestuurder (33) van Matebeleng-woonbuurt in Qwaqwa is vandag in Thabo Mofutsanyana-distrik in Betlehem in die Vrystaat doodgeskiet.
AO Mmako Mophiring, polisiewoordvoerder, sê hy is na bewering tydens ‘n konfrontasie tussen twee assosiasies van wettige taxi’s en onwettiges naby die Excellent-vulstasie doodgeskiet.
Hy is geskiet toe hulle mekaar met klippe bestook het en is op slag op die toneel dood.
‘n Saak van moord word ondersoek en nog geen inhegtenisnemings is gemaak nie.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



