Hulp van gemeenskap versoek na ontsnapping van verhoorafwagtendes

Deel hierdie storie / Share this story

Die Stilfontein-polisie, in Noordwes provinsie, het die hulp van die gemeenskap gevra om met inligting te help wat kan lei tot die inhegtenisneming van twee verhoorafwagtende gevangenes wat tussen Maandagaand 12 Junie 2023 en Dinsdagoggend 13 Junie 2023 ontsnap het.

Brig. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, sê Mandla Mongwe (30) en Nemagovhani Thendo (36) was in aanhouding vir roof met verswarende omstandighede en huisbraak.

Hulle het deur die dak ontsnap nadat hulle die aanhoudingsel se veilgheidsdeur oopgesny het. Die omstandighede van die ontsnapping word ondersoek.

Gemeenskapslede word gewaarsku om nie die ontsnaptes te nader nie, aangesien hulle as gevaarlik beskou word.

Die naaste polisiestasie kan gekontak word, of speur.kapt. Johannes Botes by 082 416 0961. Alternatiewelik kan Stop Misdaad by 08600 10111 gekontak word of van die MySAPS-toepassing gebruik gemaak word.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.