Esmari Frank “Juliet” (59) is sedert 2013 reeds vermis.
Sy het tot Julie 2014 in China gewerk en is na bewering daarna na die Jiangsu-provinsie.
Frank het grys oë en bruin hare wat reeds grys word. Sy weeg 60 kg en is 1.63 m lank.
Indien enigiemand inligting van haar het, word hulle versoek om met die volgende persone in verbinding te tree:
Sers. Van der Merwe – Wes-Kaap, Paarl SAPD CID by 021 807 4260 of Stop Misdaad by 08600 10111.
Pink Ladies-organisasie by 072 214 7439 of 083 378 4882.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



