Een persoon is dood, en verskeie beseer in ‘n botsing Dinsdagaand 13 Junie 2023 in Oosstraat, Vryheid, KwaZulu-Natal.
KwaZulu Private Ambulance Service is na die toneel ontbied.
Met aankoms is gevind dat ‘n motorfiets en motorvoertuig in ‘n ongeluk betrokke was.
Die toneel is geassesseer. Een persoon is dood, twee persone het kritieke beserings gehad en een was ernstig beseer.
Een van die kritiek beseerdes was nog in die motorvoertuig vasgekeer.
Saam met GPF-lede en insleepdienste kon KwaZulu Private Ambulance Service Rescue se tegnici en paramedici die beseerde stabiliseer en met gespesialiseerde toerusting uit die motor haal.
Die beseerdes is op die toneel behandel voordat hulle vir verdere mediese behandeling na ‘n hospitaal vervoer is.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



