Treat Williams – gewilde akteur sterf

Deel hierdie storie / Share this story

Richard Treat Williams (71) is Maandag 12 Junie 2023 in ‘n motorfietsongeluk net voor 17:00 VSA-tyd in Dorset, Vermont oorlede.

Tydens impak is hy van sy motorfiets, ‘n 1986-Honda, gegooi en hy is kritiek beseer. Williams is daarna per lugambulans na ‘n hospitaal in Albany, New York, VSA geneem waar hy met aankoms dood verklaar is.

Barry McPherson, Treat se agent, het sy afsterwe bevestig.

Treat is op 1 Desember 1951 in Rowayton Connecticut gebore en sal onthou word vir rolle in Everwood, Chicago Fire, Chesapeake Shores, We Own This City en vele meer.

Hy laat sy vrou Pam Van Sant en hul twee kinders, Gille and Allie, agter.

Bronne: ABC7 Eyewitness News, People en Entertainment Tonight.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.