Lees ook: ANC skors Ace Magashule
‘n Nuwe studie deur MedicalAid.com het ‘n lys gemaak van die ongesondste lande in die wëreld. Suid-Afrika is tiende op die lys.
Die studie analiseer die slegte gewoontes wat ‘n invloed op mens se gesondheid het, soos alkoholgebruik, rook, seksueel oordraagbare siektes en vetsug.
Suid-Afrika het hoë vlakke van alkoholgebruik, rook, vetsug en ‘n hoë voorkoms van seksuele oordraagbare siektes. Suid-Afrika het van die hoogste vlakke van seksuele oordraagbare siektes in die wëreld met 7 miljoen gevalle wat in 2019 aangemeld is.
Die algemeenste seksueel oordraagbare infeksies in Suid-Afrika is MIV, sifilis en gonorree.
Bronne: IOL, Sunday World, Ghanamma, News24
Lees ook: ANC skors Ace Magashule



