Mosambiek gaan moontlik aan SA elektrisiteit verskaf

Deel hierdie storie / Share this story

Dr. Kgosientsho Ramakgopa, minister verantwoordelik vir elektrisiteit in die presidensie en minister Maropene Ramakgopa het Maandag by die Uniegeboue in Pretoria, met Carlos Zacarias, die minister vir energie en minerale hulpbronne van Mosambiek, vergader.

Hierdie was ‘n tweede vergadering wat plaasgevind het van ‘n vorige bilaterale verbintenis om die moontlikheid om energie van Mosambiek op die kort tot mediumtermyn vir Suid-Afrika te bekom, te ondersoek.

Met die opvolgvergadering is gepoog om die aanvanklike besprekings tot ‘n punt te finaliseer. Die doel is om elektrisiteit vir Suid-Afrika te verseker om sodoende beurtkrag te verlig. Langtermyn samewerking tussen die buurlande oor energie-aangeleenthede is ook bespreek.

Volgens EWN sal 1 000 megawatt vir Suid-Afrika deur die buurland bekom, wat beurtkrag met ‘n fase sal verminder en die moeilike tye wat vir die winter voorspel was makliker sal maak.

Bron: Dr. Kgosientsho Ramagopa Facebook-blad, Government Facebook-blad, Eye Witness News

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.