Lees ook: Polisie vra hulp om vermiste man op te spoor
Die SAP-eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings in Galeshewe vra die publiek vir hulp om ’n vermiste tiener op te spoor.
Oratile Charity Matwe (17) is Sondag laas gesien waar sy die Gums-taverne in Galeshewe verlaat met ’n man, glo bekend as Dingaan Gilbert. Sy het ’n swart broek en pienk jas aangehad met lemmetjiegroen-en-pienk tekkies.
Enigiemand met inligting word aangemoedig om kapt. Sebata Tsiu by 082 874 4613 of speur-AO JJ du Plessis by 082 495 4605 te skakel.
Bronne: SAPS



