Vrou doodgeskiet nadat sy verskeie doodsdreigemente by polisie aanmeld

Deel hierdie storie / Share this story

Christine Yolanda Gumira, ‘n 30-jarige ma wat oorspronklik van Zimbabwe kom, maar in Kaapstad gewoon het, is op Donderdag, 25 Mei doodgeskiet.

Daar word vermoed dat Christine daardie dag ‘n hofsaak by die Wynberg-hof bygewoon het waarin sy ‘n getuie was teen ‘n man wat haar vriend vermoor het. Daar is ook berig dat Christine verskeie dreigemente teen haar lewe by die SAPD aangemeld het, maar geen bystand van hulle gekry het nie. Christine het saam met twee ander geloop toe ‘n ongeïdentifiseerde man haar van agter af genader en haar noodlottig in die kop geskiet het.

Vier mans is na die voorval in hegtenis geneem.