Verdagte tot 15 jaar tronkstraf vir peuter met infrastruktuur gevonnis

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Polisie loods mannejag na moord op sakeman

Ntsokolo Motale (32) is tot 15 jaar tronkstraf gevonnis vir peuter met infrastruktuur en die besit van vermoedelik gesteelde items.

Motale is op 19 November 2022 in Bloemfontein se sakekern in hegtenis geneem na hy gesien is waar hy met ’n swaar sak en pas gesnyde kabels loop.

Hy is in hegtenis geneem na die polisie ontdek het hy het koperkabels tot die waarde van R11 000 in sy besit wat by die Transnet-treinwerf gesteel is.

Bronne: SAPS

Lees ook: Polisie loods mannejag na moord op sakeman