Speurtakbevelvoerder en nog ‘n lid doodgeskiet, polisie verklaar oorlog – twee vas

Deel hierdie storie / Share this story

AO Johannes du Rand (48), die speurtak-bevelvoerder van Villiers-polisiestasie, met 29 jaar diens in die SAPD, is op 9 Junie 2023 doodgeskiet in sy bakkie, gevind.

Soos voorheen berig was die bevelvoerder besig om inligting oor ‘n gekaapte vragmotor op die grondpad tussen Villiers en Standerton op te volg. Hy het die vragmotor gevolg en het rugsteun van sy standplaas aangevra.

Sers. Josephine Rani, polisiewoordvoerder, het gesê lede het spoedig reageer en terwyl hulle na hom op soek was, het hulle gemerk ‘n gedeelte van ‘n draadomheiding van ‘n plaas is beskadig. Die lede is die gronde in om omdersoek in te stel, toe hulle die adjudant se Isuzu-bakkie met hom bewegingsloos daarin, gevind het. Hulle het ‘n ruit gebreek om toegang tot die binnekant van die bakkie te verkry. Du Rand het vier skietwonde in sy rug gehad en is op die toneel deur nooddienste dood verklaar.

Brig. Athlenda Mathe, nasionale woordvoerder, sê twee verdagtes wat aan die voorval verbind word, is intussen deur spoedige optrede van die polisie in hegtenis geneem.

Mathe sê verder genl. Fannie Masemola het polisie in die Vrystaat vir hul spoedige optrede om twee verdagtes binne 24 uur vas te trek, geprys.

Na bewering is die twee verdagtes deel van ‘n bende wat die vragmotor op die N3 naby Villiers op die betrokke datum omstreeks 03:00 gekaap het.

Die nasionale kommissaris en ‘n afvaardiging offisiere het Saterdag die familie van AO Du Randt besoek en die polisie se ondersteuning aan sy familie gebied.

In Gauteng word na twee verdagtes gesoek nadat sers. Leka Maja (41) Donderdag 8 Junie 2023 gedurende opsporing van onwettige vuurwapens in Mamelodi doodgeskiet is. Drie verdagtes is noodlottig gewond en beslag is op vier pistole asook drie gewere, gelê.

Maja was ‘n lid van die bestuurseksie van taktiese operasies binne die Direktroraat vir Prioriteitsmisdaad Ondersoek (DPCI) en het 14 jaar diens gehad.

Genl. Masemola het ook dié lid se familie saam met lt.genl. Godfrey Lebeya, die nasionale hoof van DPCI, besoek.

Genl. Masemola sê die SAPD verklaar oorlog teen kriminele wat polisiebeamptes aanval en doodmaak.

“This is a war that has been called by criminals, we cannot come second. We cannot co-rule with criminals, communities have put their trust in us and we need to fight back to ensure the safety and security of our communities and police officers. We are going to respond accordingly until we win this fight against criminals. The families of these officers are looking up to us to ensure that those that are behind these killings and attacks face the full might of the law”, het genl. Masemola gesê.

Die SAPD het R25 miljoen opsy gesit om die veiligheid en sekuriteit van alle polisie dienspunte vir die finansiële jaar te verbeter. Die organisasie gaan voort om Police Safety Strategy te implementeer om die veiligheid en sekuriteit van polisiebeamptes aan en van diens te verseker.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.