Lees ook: Twee polisiebeamptes dood in skietvoorvalle in Khayelitsha
Die polisie ondersoek ’n saak van moord en poging tot moord na ’n speursersant in Bathlaros, Noord-Kaap, doodgeskiet is terwyl hy van diens af was.
Die sersant se huurder en ’n vriend was glo in ‘n argument betrokke, waarna die huurder huis toe gevlug het, met die verdagte wat hom agtervolg. Die verdagte het die huurder in die been geskiet. Die huurder is daarna na die sersant vir hulp, waarop die verdagte die sersant in die rug geskiet het.
Die sersant is op die toneel oorlede terwyl die huurder na die hospitaal geneem is vir behandeling.
Die polisie het ’n 72 uur aksieplan implimenteer en alles word gedoen om die verdagte op te spoor en in hegtenis te neem.
Bronne: SAPS
Lees ook: Twee polisiebeamptes dood in skietvoorvalle in Khayelitsha



