Julia Wandelt, ook bekend as Julia Faustyna, wat voorheen in die nuus was toe sy op sosiale media volgehou het dat sy die ontvoerde Madelein McCann kan wees, vra nou haar volgelinge of hulle glo die DNA-toetse wat gedoen is, reg gedoen is.
In ‘n onlangse plasing op sosiale media sê Julia dat dr. Fia Johannson, wat haar tydens die DNA-toetse na Kalifornië genooi het, bekend is vir bedrog. Sy noem ook dat Johannson verskeie keer skuldig bevind is aan bedrog en moedig haar volgelinge aan om self te gaan oplees.
By die plasing deel sy weer foto’s met wat lyk na ooreenkomste tussen haar en McCann.



