Bestuurder dood in botsing reg van voor

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Man is Saterdagoggend vroeg in ‘n botsing in Old Main Road in Southridge, KwaZulu-Natal dood.

Volgens Reaction Unit South Africa het lede omstreeks 05:00 op die toneel van ‘n man se lewelose liggaam in die pad afgekom.

Lede kon vasstel dat ‘n grys Chevrolet-bakkie agter ‘n blou Renault Triber gery het toe die bakkie probeer het om die Chevrolet verby te steek.

Die bakkie het reg van voor teen ‘n rooi Citroen wat in die teenoorgestelde rigting op pad was, gebots.

Die bestuurder van die Citroen is op die toneel oorlede. Die bestuurder van die bakkie, wat na bewering onder die invloed was, is na ‘n hospitaal geneem vir behandeling. Hy het ernstige beserings opgedoen.