Waarskuwing na haai-aanval

Deel hierdie storie / Share this story

Die Buffalo City Metro het strandgangers tot versigtigheid gemaan na ‘n haai-aanval wat drie dae gelede in Nahoon plaasgevind het.

In ‘n verklaring wat deur BCM se kommunikasiedienste uitgereik is, word daar gesê dat die roeier het geen beserings opgedoen nie, maar sy branderski is beskadig.

Strandgangers word dus gewaarsku om in die wintertyd in hul pasoppens te wees wanneer hulle strande besoek.

Die teenwoordigheid van sardientjies lok roofdiere, wat dit verby die BCM-kuslyn volg, wat moontlik die Nahoon-aanval kan verduidelik.

Nahoon-strand was as voorsorgmaatreël na die voorval gesluit, alhoewel Allen Zealand, die bestuurder van BCM Beaches and Recreation, gesê het die strand sou reeds teen die volgende dag oop wees.

Siani Tinley, bestuurder van BCM Aquarium, het dit as normaal vir hierdie tyd van die jaar beskryf: “It comes with seabird activity and mammals such as dolphins, seals including predators like sharks.”

Strandgangers word ingelig dat wanneer hulle voëls sien wat na die see-oppervlak duik, die kans daar is dat sardientjies teenwoordig is en dat daar dan moontlike roofdieraktiwiteit kan wees.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.