Die onderwyseres van Curro Langebaan wat Donderdag vermis was, is gevind.
Die skool het op sosiale media bekendgemaak dat die 42-jarige Alta van Tonder vroeg Vrydagoggend gevind is.
Die skool sê dat hy amptelike kommunikasie sal uitreik sodra meer inligting bekend is.
“Ons vra dat sy en haar familie gerespekteer sal word.”



