Jong vrou doodgery, verdagte jaag glo weg

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Jong vrou, Michelle de Buys, is in die vroeë oggendure op 26 Mei op die R580-pad tussen Secunda en Evander doodgery.

Volgens Sersant Zuki Mxhotyelwa, woordvoerder van Evander-polisie, het haar kêrel, Eljay Lamprecht, die ongeluk gesien gebeur.

Volgens Rigde Times het Michelle de Buys en haar kêrel glo ‘n argument gehad op pad na haar ma toe, waarna Buys glo gesê het hy moet haar langs die pad aflaai. ’n Aankomende voertuig het daarop vir De Buys doodgery en glo weggejaag.

Lamprecht het intussen ‘n huldeblyk op sy Facebook vir Michelle geskryf:

“My lief, My lyf, My mooiste mooi my saxc kat….En Tannie Chelly😥

Waar begin ek my woorde is min en my trane loop oor jy was en is die beste gedeelte van my lewe gewees my lig in die donker my steunpilaar waar ek kan huil en afpak en net jy het my sagte kant geken…🌻❤️

Ek voel leeg hier waar ek sit jy was en is die Beste meisie vroulief waarvoor enige iemand kon wens en jy was die wonderlikste bonus mamma vir my kiddies gewees hulle het jou amper meer lief as wat hulle vir pappa het. My lewe….my toekoms ek het dit net saam met jou gesien al ons planne al ons lewens planne.🌻❤️

Jy is ‘n persoon wat enige iemand kon laat glimlag al is hulle af die dag en al wat jy nodig gehad het was bietjie liefies en ‘n Bioplus. My soulmate……my soulmate ons sal vir altyd mekaar se soulmates wees en ek glo jy is in ‘n beter plekkie daar bo by ons pappa God hy sal sy hand van beskerm oor jou hou en jou met jou mooi siel oop hande inlaat by hom….🌻❤️

Ek kani genoeg dankie se vir die mens vir wie jy was vir my en my kiddies nie my pragtig….my hart is leeg ek het altyd woorde vir als maar nie die keer nie my mond is stom geslaan en my hart verdrink in trane……My kop speel rond met my wat as die wat as daai….dan kon sy nog hier by my gewees het. 🌻❤️

Jou fav gedig wat ek randomly gese het toe stick hy- “Roses are red Violets are blue….Soulmates are true just look at me and you” 🌻❤️

My siel sal vir altyd aan jou behoort my Chelly……🌻❤️

Jy was my gunsteling hallo gewees en my moeilikste totsiens. Oral waar ek kyk word ek herinner aan jou liefde. Jy is my wêreld hulle se liefde is soos die wind jy kan dit nie sien nie net voel en jou liefde het ek elke dag elke oomblik elke sekonde gevoel.Ek het beleef hoe liefde voel te dankte aan jou on iemand oneindig lief te he.🌻❤️

Ek het elke dag vir myself gese ek kani nog meer lief vir jou wees as wat ek is nie tot die volgende dag dan groei en groei dit jet meer en meer.My hele hart en siel behoort aan jou jy was my reenboog in die storm.🌻❤️

Dit was ‘n miljoen klein klein dingetjies wat, toe ons alles bymekaargetel het, beteken het dat ons veronderstel was om saam te wees.”🌻❤️

Ek sal altyd lief wees vir jou My mooiste mooi Chelly…..en ek sal altyd jou lyf bly🌻❤️