‘n Vrou het vanoggend (Donderdag) die liggaam van haar man ontdek wat aan ‘n boom in Everest Heights KZN gehang het.
Reaction Unit South Africa (Rusa) het omstreeks 09:56 ‘n oproep van ‘n inwoner van Lenina-rylaan ontvang wat bystand versoek het.
Met hul aankoms is reaksiebeamptes en Rusa-paramedici etlike meters langs ‘n ongeplaveide pad langs ‘n reservoir gelei. Die oorledene se liggaam is opgespoor waar dit aan ‘n boomtak gehang het. Sy vrou het die ontdekking gemaak nadat haar man versuim het om terug te keer nadat hy water uit ‘n nabygeleë stroompie gaan haal het.
Omstandighede wat tot die voorval gelei het, kon nie bevestig word nie.



