Gewese skoonmaker as meesterbrein van besigheidsroof gevonnis

Deel hierdie storie / Share this story

Tshukudu Mogele (33) is tot agt jaar direkte gevangenisstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is as die meesterbrein van ‘n gewapende roof met verswarende omstandighede op 14 Februarie 2023 by ‘n besigheid in Kroonstad.

Sers. Josephine Rani, polisiewoordvoerder, sê Mogele, wat die skoonmaker by die sportweddenskapbesigheid was, en vier van sy makkers het tydens toemaaktyd toegang tot die perseel verkry.

Slagoffers is met ‘n vuurwapen gedreig en beveel om op die grond te gaan lê.

Mogele se makkers het kontant by die kassiere en vyf selfone by ander slaoffers gebuit en in ‘n wegkommotor van die toneel gelug.

Die veroordeelde beskuldigde, Molefe, het verbaas opgetree en die toneel verlaat.

Sers. Zwelinjani Belane van Kroonstad-speurtak het die ondersoek gelei en het saam met Kroonstad-taakspanlede die beskuldigde in hegtenis geneem, wat toe op borg vrygelaat is. Daar is wel later vasgestel dat hy die meesterbrein agter die rooftog was.

Hy is verlede week deur die Kroonstad-streekshof tot agt jaar direkte tronkstraf vir roof met verswarende omstandighede opgelê.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.