Die 38-jarige Phumelele Ndlovu is ses keer geskiet toe sy op 24 Mei in Tongaat in KZN se middestad gery het.
Ndlovu, ‘n werknemer van die departement van binnelandse sake, sou op 13 Junie in die Durban-landdroshof getuig teen polisiebeamptes wat glo geld by haar gesteel het na hulle glo haar verloofde verkeerdelik in hegtenis geneem het.
Women for Change berig die polisie was bewus van die doodsdreigemente. ‘n Familielid van Ndlovu sê die polisie het haar gefaal.
Sy laat twee kinders van onderskeidelik 4 en 20 jaar oud agter.



