Help man wat onderweg werk toe vermis raak, opspoor

Deel hierdie storie / Share this story

Edward Herron (55) van Wonderboom-Suid, Pretoria, is sedert 26 Mei 2023 vermis.

Hy is skraal gebou met groenbruin oê, bruin hare wat reeds begin grys raak, weeg 60 kg en is 1,78 m lank. Hy was in ‘n blou oorpakbroek en bostuk, ‘n oorgrootte bruin baadjie, swart mussie en veilgheidstewels, geklee.

Op die betrokke dag wat hy vermis geraak het, het hy sy woning in Wonderboom-Suid na sy werksplek in Sunderland Ridge, Centurion, verlaat en is nog nie weer gesien of van gehoor nie.

Indien enigiemand weet waar hy hom bevind, kan daar deur die volgende nommers in verbinding getree word:

Wonderboompoort-polisiestasie by 012-3352811/2/3 of Stop Misdaad by 08600 10111

Pink Ladies-organisasie by 072 214 7439 of 083 378 4882

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.