Bevelvoerder van Mooinooi-speurtak doodgeskiet

Deel hierdie storie / Share this story

Lt.kol. Lekone Morris Mohajane (55), die speurtakbevelvoerder van Mooinooi-polisiestasie in Noordwes, is gedurende die naweek by sy huis in Hammanskraal, Gauteng, dood.

Brig. Sabata Mokgwabone sê hy is tydens ‘n kaping by sy huis doodgeskiet.

Lt.genl. Sello Kwena, provinsiale kommissaris in Noordwes, het Mohajane se familie Maandag 5 Junie 2023 namens die polisiebestuur besoek om medelye te betuig.

Kwena het die moord veroordeel en gesê lt. kol. Mohajane se afsterwe kom in ‘n tyd waarin die stryd teen misdaad verskerp is en hy ‘n deurslaggewende rol gespeel het.

Die provinsiale kommissaris het die moord op polisiebeamptes veroordeel wat hy as ondermyning van die gereg, om sodoende hulpbronne wat die gemeenskap dien se dienslewering te beïnvloed, beskryf. Hy het verder gesê dat hulpbronne gemobiliseer is om diegene wat agter die moord sit voor die hof te bring.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.