Vrou wat by hof afgemaai is, geïdentifiseer

Deel hierdie storie / Share this story

Christine Yolanda Gumira (30) is op 25 Mei 2023 toe sy die Wynberg-landdroshof in die Wes-Kaap verlaat het op pa na ‘n taxi-staanplek, doodgeskiet.

Women For Change sê die oorledene het ‘n kind. Sy het glo na bewering ‘n hofsaak bygewoon waarin sy ‘n beskuldigde is.

Vier verdagtes is intussen vir hul betrokkenheid by haar moord in hegtenis geneem.

Women For Change sê haar liggaam sal vir haar begrafnis na Zimbabwe vervoer word.

FiND iT het voorheen soos volg berig:

Vier verdagtes, tussen die ouderdomme van 24 en 33, is in verband met die moord op ‘n vrou wat Donderdag 25 Mei 2023 naby Wynberg-landdroshof doodgeskiet is, in hegtenis geneem.

Lt.Kol. Malcolm Pojie sê die ondersoekwerk van ‘n toegewyde ondersoekspan, bestaande uit speurders van die provinsiale kantoor en Wynberg-speurders , het die suksesvolle inhegtenisnemings bewerkstellig.

Die oorledene is onderweg van die hofgebou na ‘n taxi-staanplek afgemaai.

Tydens die ondersoek is speurders na verskeie plekke in die Kaapse Metropool, waar die verdagtes opgespoor en in hegtenis geneem is. Hulle is deur die ondersoek en forensiese bewyse positief met die moord verbind.

Die polisie het op ‘n silwer Nissan Tiida en selfone wat ontleed sal word, beslag gelê.

Die vier verdagtes sal na verwagting Maandag 5 Munie 2023 op die klag van moord teen hulle in die Wynberg-landdroshof verskyn.

Geen verdere besonderhede sal weens die sensitiwiteit van die saak bekendgemaak word nie.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.