Lees ook: Polisie in Australië raak ontslae van skokstokke met kameras na dood van ouma (95)
Die vrou wat “Australië se slegste vroulike reeksmoordenaar” genoem is, is vrygelaat na nuwe bewyse vorendag gekom het dat sy nie haar vier babas doodgemaak het nie.
Kathleen Folbigg was 20 jaar in die tronk na sy skuldig bevind is aan die moorde oor ‘n dekade op haar seuns en dogters, maar nuwe bewyse het bevind hulle is moontlik dood aan natuurlike oorsake.
Folbigg is in 2003 tot 25 jaar tronkstraf gevonnis vir die moorde op drie van haar kinders en manslag vir die dood van haar eerste seun. Elke kind is skielik tussen 1989 en 1999, tussen die ouderdomme van 19 dae en 19 maande, oorlede. Die aanklaers het gesê sy het hulle versmoor.
Nuwe inligting het bewys die kinders is moontlik dood van genetiese afwykings wat skielike hartstilstand en epilepsie kan veroorsaak.
Die NSW-goewerneur het Folbigg laat vryspreek en beveel dat sy onmiddellik vrygelaat word.
Bronne: BBC, The Guardian, Sky News
Lees ook: Polisie in Australië raak ontslae van skokstokke met kameras na dood van ouma (95)



