Verdagte aangekla vir Warren Rhoode-moord vandag in hof

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Verdagte (41), ‘n Mosambiekse burger, is Donderdag 1 Junie 2023 deur speurders van die ernstige en geweldsmisdaadeenheid ingeneem vir ondervraging na die verdwyning van en die uiteindelike opsporing van die liggaam van Warren Rhoode (30) in Thubelisha, Delft, in die Wes-Kaap.

Warren Rhoode is die seun van Wally Rhoode, die hoof van president Cyril Ramaphosa se beskermingseenheid, wat gedurende Mei vermis geraak het.

Brig. Novela Potelwa, polisiewoordvoerder, sê die verdagte is vir die moord aangekla.

Hy sal Maandag 5 Junie 2023 in die Bellville-landdroshof verskyn.

Rhoode, wat vermis was, is laas in die area waar sy liggaam eindelik op 22 April 2023 in Delft ontdek was, gesien.

Daar was ‘n R50 000 beloning uitgeloof vir inligting wat tot die inhegtenisneming, vervolging en skuldigbevinding van die oortreder wat verantwoordelik was vir die moord van die oorledene, sou lei.

Ten tyde van Rhoode se verdwyning het hy ‘n VW Polo, wat nog nie gevind was nie, gery.

Die motief vir die moord is vermoedelik roof.

Speurders volg nog talle leidrade op.

Lees ook:

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.