Jo Black het op sy Facebook-blad aangekondig dat hy ‘n boek geskryf het.
Die boek getiteld Die Stories ager die Storie gaan oor sy eie lewensreis.
Jo Usher Engelbrecht is in 1982 gebore en het in Pretoria-Noord grootgeword. Oupa Jo Usher Bell, wat reg langs Hoรซrskool Pretoria-Noord gebly het, was vir Jo baie spesiaal en het oor die 100 jaar oud geword.
Na skool het hy in die konstruksiebedryf gewerk. Hy en Debbie, sy vrou, het twee dogters. Dit het in ‘n stadium van hul lewens maar broekskeur gegaan.
Om kinders te inspireer, het hy die “Be That Guy / Be That Girl” – beweging begin. Daar was ook die gewilde braaivleis-samekomste aan die beweging gekoppel.
Jo is nie die enigste kind nie en ook nie die enigste sanger in die familie nie. Hulle is drie broers en het een suster. Sy susterskind Liam Meredith het ook die musiekbedryf betree.
In Desember 2016 het Skepe, sy eerste titelsnit, die lig gesien en die res is geskiedenis.
Ek is excited om hierdie groot oomblik met julle te deel!
Tussen deur optredes en toere het ek onlangs my eerste boek geskryf en hopelik kan my persoonlike, rou stories bydra tot jou eie storie. Dit is tog wanneer mens jou eie storie neerpen, dat jy besef ons รกlmal het ‘n storie. ‘n Storie wat waardig is en een wat ons vorm, ons beรฏnvloed en uiteindelik vir ons vryheid gee.
My boek ๐ฟ๐๐ ๐๐ฉ๐ค๐ง๐๐๐จ ๐๐๐ฉ๐๐ง ๐๐๐ ๐๐ฉ๐ค๐ง๐๐ is ‘n rou en eerlike weergawe van die stories en gebeure wat my musiek รฉn my eie lewe verander, geskep en gevorm het. Ek deel foto’s en herinneringe wat jy nรชrens anders sal kry nie.
BESTEL HOM NOU
joblackonline.myshopify.com
* Bestel jou boek voor 10 Junie ’23 en kry 10% afslag vir Vadersdag ’23. Ons sal seker maak hy kom voor Vadersdag by jou uit en ek sal hom persoonlik vir jou teken.
Deel hierdie plasing en staan die kans om een van 5 getekende boeke te wen!
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



