‘n Verdagte is Donderdag 1 Junie vir die “besit” van ‘n tuisgemaakte ritswapen (zip gun)in Buttercupstraat, Klapmuts in die Wes-Kaap, in hegtenis geneem.
Sers. Wesley Twigg, sê ‘n gesamentlike operasie tussen Klapmuts-polisie, die blitspatrollie, Boland-POP en die Boland-honde-eenheid het tot die inhegteninsneming gelei.
Die lede het ‘n wenk van ‘n vuurwapen by ‘n huis ontvang. Met deursoeking van die perseel is ‘n tuisgemaakte ritswapen met ammunisie gevind.
Twee mans is in hegtenis geneem en aangehou.
Beide sal Maandag op aanklagte van ‘n nagemaakte vuurwapen en die onwettige besit van ammunisie in die Paarl-landdroshof verskyn.
Twigg sê in ‘n onverwante voorval het Weskus- landelike blitspatrolle twee mans, onderskeidelik 37 en 47, Donderdagaand op Laaiplek in hegtenis geneem vir die besit van kreef.
Die lede het inligting ontvang aangaande ‘n Toyota Hilux-bakkie wat met kreef in die rigting van Elandsbaai ry.
Die voertuig is gestop en deursoek.
Beslag is op ‘n totaal van 2 157 krewe waarvan 1 044 ondermaat was, gelê.
Die verdagtes sal Maandag in die Laaiplek-landdroshof verskyn.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



