Ramaphosa sal Lady R-verslag binne twee weke ontvang

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Reuben Brigety het weer om verskoning gevra, sê ANC

President Cyril Ramaphosa verwag ‘n finale verslag binne twee weke van die drie persoon paneel wat hy aangestel het om VSA-ambassadeur Reuben Brigety se aantygings oor wapens wat glo op Lady R gesmokkel is, te ondersoek.

Die ambassadeur het drie weke gelede beweer Suid-Afrika het wapens aan Rusland gestuur deur die Lady R wat in Desember by Simonstad gestop het. Suid-Afrika het die aantygings ontken en Brigety het sederdien om verskoning gevra.

Die paneel bestaan uit afgetrede regter Phineas Mojapelo as voorsitter, die voorsitter van die Johannesburgse Vereniging van Advokate, Leah Gcabashe, asook die voormalige adjunk-minister van basiese onderwys, Enver Surty.

Bronne: SABC, DFA, The Citizen

Lees ook: Reuben Brigety het weer om verskoning gevra, sê ANC