Lees ook: Polisie loods mannejag na transito-rooftog in Matlelerekeng
Vier mans is gisteraand kort na mekaar in twee voorvalle in Manenberg dood.
Twee voertuie het 19:00 op drie mans, wat op die hoek van Jordan- en Silver Streamstraat gestaan het, begin skiet. Een is dood en die ander twee is beseer en na ‘n hospitaal geneem vir behandeling.
Tien minute later het vier verdagtes in ’n wit voertuig op drie mans, wat op die hoek van Klipfontein- en Jupiterweg in Surrey Estate gestaan het, geskiet. Al drie is oorlede.
Die verdagtes in beide voorvalle het gevlug en is steeds nie in hegtenis geneem nie. Die polisie ondersoek die moorde en het gevra enigiemand met inligting moet na vore kom.
Bronne: SAPS
Lees ook: Polisie loods mannejag na transito-rooftog in Matlelerekeng



