Lees ook: Sperdatum vir Zimbabwiërs om land te verlaat al hoe nader
Mense wat nikotienvervangende oplossings, insluitend dampprodukte, gebruik, sal vanaf 1 Junie ‘n vaste koers van R2.90/ml as aksynsbelasting betaal.
Die kriteria wat tabakprodukte se aksyns bepaal, is aangepas om dampprodukte in te sluit. Vervaardigers van dampprodukte moes voor 1 Junie aansoek doen vir lisensies en dit by SARS vir hulle vervaardigingsperseel ontvang en moet teen 28 Julie hulle eerste rekening vir aksynsbelasting aan SARS stuur.
Die nuwe belasting is deur die dampprodukte-industrie gekritiseer wat gesê het dit gaan meer skade doen as goed en gaan mense na onwettige markte dryf. Hulle het ook gekla dat dampprodukte nog nie aan wetgewings in SA onderwerp is nie.
Bronne: BusinessTech, SA People, The Citizen
Lees ook: Sperdatum vir Zimbabwiërs om land te verlaat al hoe nader



