VIDEO: Vermiste man toe glo ontvoer

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Man (61), Clanlall Dwarika, ook bekend as Shan, is ontvoer.

Volgens Reaction Unit South Africa is die man Sondag naby Maynardstraat in Sea Cow Lake in Durban ontvoer.

Hy was glo besig om herstelwerk te doen by ‘n plek wat hy huur.

Rusa het ‘n video van die voorval gedeel.