Qenehelo Rantao (33), ook bekend as “Mangwele” is op 22 November 2022 in die Bloemfontein-streekshof skuldig bevind aan moord.
Sers. Ikobeng Hlubi, polisiewoordvoerder, sê hy was uit op borg en moes vir sy vonnisoplegging in die hof verskyn. Hy het nie by die hof opgedaag nie en ‘n arrestasielasbrief is op 24 Mei 2023 uitgereik.
Ten spyte van alle pogings deur die ondersoekbeampte kon die beskuldigde nie opgespoor word nie.
SAPD vra hulp van die publiek om hom te probeer opspoor. Enigiemand wat weet waar die beskuldigde hom bevind, kan met die ondersoekbeampte speur.AO Tehkiso Khotso van Kopanong-polisiestasie in verbinding tree by 072 135 8334 of 051 423 2007.
Op die betrokke dag van die moord, Sondag 27 Maart 2011, was die beskuldigde by ‘n plaaslike kroeg toe hy ‘n argument met Patrice Shai gehad het. Shai het na buite gegaan waarna die beskuldigde hom gevolg het.
Die oorledene het nie teruggekom nie en sy vriende het na hom gaan soek. Sy liggaam is met ‘n steekwond in die bors ‘n paar huise weg van die kroeg gevind.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



