‘n Oud-leerling van Hoërskool Jim Fouché in Bloemfontein, is Vrydagaand op slag dood in ‘n ongeluk by ‘n kruising in Langenhovenpark.
Inette Kotze (19) en haar beste vriendin, Nadine Naude, was saam in die motor.
Nadine het ‘n sleutelbeen en twee ribbebene gebreek en is Saterdag uit die hospitaal onstaan.
‘n Bakkie het die motor waarin die vriendinne was aan die passasierskant, waar Inettte gesit het, getref.
Volgens lt.kol. Thabo Covane word ‘n saak van strafbare manslag ondersoek.
Die polisie is omstreeks 19:30 na die toneel ontbied waar ‘n Chevrolet Spark en ‘n Nissan-dubbelkajuitbakkie gebots het.
‘n Gedenkdiens word Saterdag vir Inette om 11:00 by Hoërskool Jim Fouché gehou

Inette saam met haar pa, ma en broer.



