DA-burgemeester aan stuur van Gamagara-munisipaliteit

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Dawid Kruiper moet verdere Oranjerivier-besmetting verhoed

Die Demokratiese Alliansie en Harold McGluwa, DA Provincial Leader, wens Rdl. Henriette du Plessis geluk met haar verkiesing as burgemeester van Gamagara-munisipaliteit. Dit volg op ‘n mosie van wantroue teen die ANC-burgemeester, wat vandag in die raad geslaag het.

Rdl. Du Plessis is deur die DA as burgemeester benoem en het teen die voormalige ANC-burgemeester, Edwin Hantise, gestaan. Sy het met agt stemme teen sewe in ‘n geheime stemming gewen.

Die DA bedank die Gamagara Gemeenskapsforum vir hul ondersteuning van Rdl. Du Plessis.

Henriette dien sedert Januarie 2015 as raadslid. Sy is goed ingelig oor die groeiende diensleweringsuitdagings binne Gamagara-munisipaliteit ná byna dertig jaar se wanbestuur deur die ANC. Sy sal hard werk om die munisipaliteit om te keer.

Tydens haar aanvaardingstoespraak het sy reeds kennis gegee van haar voorneme om die burgemeestershuis te verkoop, die gebruik van die burgemeestersvoertuig te skrap en persoonlike sekuriteitsmaatreëls te laat vaar, en om eerder hierdie fondse aan broodnodige infrastruktuur- en diensleweringsbehoeftes toe te wy.

Ek het volle vertroue in burgemeester Du Plessis om finansiële dissipline na die geteisterde Gamagara-munisipaliteit te bring en om te verseker dat munisipale hulpbronne gebruik word om dienslewering dringend te verbeter.

*PERSVERKLARING

Lees ook: Dawid Kruiper moet verdere Oranjerivier-besmetting verhoed