Lees ook: Mmusi Maimane gaan saak van strafbare manslag teen regering maak na kleuter sterf
Die Durban-Sentraal se speurders van die eenheid vir familiegeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe is op soek na twee beweerde verkragters.
‘n Vrou (27) het op 5 Mei 2023 in St Georgesstraat geloop om haar vriendin te gaan ontmoet toe twee onbekende mans haar glo genader en met ‘n mes gedreig het. Hulle het haar glo na Alexandrastraat geneem en beurte gemaakom haar naby die treinspoor onder die brug te verkrag.
‘n Saak van verkragting is by die Durban-Sentraal-polisiestasie gemaak. Dit is na die Durban-Sentraal se eenheid vir familiegeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe vir verdere ondersoek gestuur.
Die polisie het gevra enigiemand met inligting oor die gebeure moet na vore kom.
Bronne: IOL, VN Explorer, The Pink Brain
Lees ook: Mmusi Maimane gaan saak van strafbare manslag teen regering maak na kleuter sterf



