Bulgaarse minister bevestig een van Constantia-vermoordes was op Interpol-rooilys

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Vier liggame in Constantia gevind

Die Bulgaarse minister van binnelandse sake, Ivan Demerdzhiev, het bevestig Krasimir Kamenov is een van die vier mense wat Donderdag in Constantia vermoor is.

Kamenov was sedert April op Interpol se rooilys na hy in absentia aangekla is vir sy beweerde betrokkenheid by die moord van ‘n regeringsbeampte in 2022.

Demerdzhiev het Vrydag in ‘n verklaring gesê hulle is in kontak met Suid-Afrika oor die saak en hulle is gesê hulle sal alle inligting aangaande die ondersoek ontvang.

Demerdzhiev het gesê die Suid-Afrikaanse owerhede is ingelig oor waar Kamenov hom bevind het, maar hy is vermoor voor hy in hegtenis geneem kon word.

Die Suid-Afrikaanse polisie ondersoek nog die saak. niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Bronne: EWN, All Africa, 15 Minute News

Lees ook: Vier liggame in Constantia gevind