Lees ook: Man wat vliegtuigdeur oopmaak tydens landing in hegtenis geneem
Vyf mense is oorlede en drie ernstig beseer in ’n botsing reg van voor Vrydagaand naby Jansenville.
Die botsing was tussen twee bakkies op die pad na Jansenville. Die Isuzu-bakkie was op pad na Jansenville en die Hyundai bakkie was op pad na Kariega. Dit is onduidelik hoe die ongeluk gebeur het.
Drie mense van die Isuzu-bakkie is oorlede en twee mense van die Hyundai-bakkie is oorlede.
Die polisie ondersoek ’n saak van strafbare manslag.
Bronne: SAPS
Lees ook: Man wat vliegtuigdeur oopmaak tydens landing in hegtenis geneem



