Ramaphosa bemagtig elektrisiteitsminister na drie maande

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Gesoekte Bulgaarse krimineel glo een van vier vermoor in Constantia

President Cyril Ramaphosa het die elektrisiteitsminister Kgosientsho Ramokgopa bemagtiging gegee drie maande na sy aanstelling om iets te doen aan beurtkrag.

Die presidensie het Vrydag in ’n verklaring bevestig Ramaphosa het die elektristeitsopwekkingskrag aan Ramokgopa oorgedra van die minister van minerale en energie Gwede Mantashe.

Ramokgopa kan besluit hoeveel opwekkingskapasiteit nodig is om seker te maak daar is genoeg elektrisiteit vir die hele land in konsultasie met die Nasionale energie reguleerder van Suid-Afrika (Nersa).

Ramokgopa mag ook volgens die elektrisiteit reguleerder wet besluit watter energiebronne gebruik moet word en die persentasie elektrisiteit wat van daardie bronne af verkry moet word.

Ramokgopa gaan voltyds met die Eskom raak werk om beurtkrag te beëndig en hy gaan verseker die energie aksie plan wat Ramaphosa verlede jaar aangekondig het word uitgevoer.

Bronne: The Citizen, Zululand Observer, SABC

Lees ook: Gesoekte Bulgaarse krimineel glo een van vier vermoor in Constantia