Lees ook: Verpleegster se liggaam in vlak graf gevind
‘n EFF-raadslid is Donderdagaand in sy huis in Ga-Botha village, Limpopo, doodgeskiet.
Raadslid Jonas Lebitsi Mpye (46) is Donderdagaand doodgeskiet in sy huis en sy liggaam is eers die volgende oggend ontdek.
Die gemeenskapslede het die polisie gebel en Mpye is gekry waar hy in ‘n plas bloed lê met ‘n skietwond aan sy nek.
Die polisiewoordvoerder het gesê Mpye se Ford Ranger bakkie is later in bosse weggesteek in ‘n nabye dorpie gevind.
‘n Saak van moord en roof word ondersoek en nog niemand is in hegtenis geneem nie.
Bronne: IOL, Briefly, Herald Live, TimesLIVE



