Omtrent 900 kinders mis skool vir twee weke as gevolg van rioolstorting

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Drie liggame gevind in Brakpan

Omtrent 900 leerlinge van die St Augustine’s Katolieke primêre skool is Greyville Durban is die afgelope twee weke by die huis weens ‘n rioolstorting by die skool.

Volgens IOL, wat Woensdag die skool besoek het, het SGB lid Nomathemba Makhanya gesê die probleem het 11 Mei begin toe riool by die skooldreine begin uitkom het.

Makhanya het gesê dis situasie het die volgende dag vererger en die onderwysers en leerlinge het begin siek raak. Ouers is gevra om hulle kinders te kom haal.

Die rioolstorting is veroorsaak deur ’n verstopping in die rioollyn. Die Ethekwini munisipaliteit het gesê hulle is besig om aan die blokkering te werk, maar dit gaan tyd in beslag neem om ontslae te raak daarvan.

Bronne: IOL, VN Explorer, Pressreader

Lees ook: Drie liggame gevind in Brakpan