Ma dood na sy ‘vergiftigde sjokolade’ eet wat sy as verjaardaggeskenk ontvang

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Vrou van Brasilië is dood nadat sy vergiftigde sjokolade geëet het wat sy as geskenk op haar 54ste verjaardag ontvang het.

Lindaci Viegas Batista de Carvalho het in pyn inmekaargesak kort nadat sy die sjokolades probeer het.

Haar familie sê nou dat sy verskeie dreigemente via oproepe en boodskappe ontvang het voor sy op 20 Mei ‘n “verdagte oproep” van ‘n koeriermaatskappy ontvang het.

Die pakkie is op 20 Mei by haar afgelewer.

Daily Mail berig De Carvalho het eers geweier om die sjokolades te eet, maar nadat haar eks-man met haar gegrap het en gesê het dit kom van hom af, het sy dit probeer. Sy het kort daarna siek geword.

Sy is Saterdag na die hospitaal in Rio de Janeiro geneem. Sy is met haar aankoms by die hospitaal dood verklaar.

Haar familie glo sy is vergiftig en die polisie ondersoek die saak. – Daily Mail