Chris Jordaan, agtsteman van Hoër Jongenskool Paarl (Boishaai) wat gedurende hul NoordSuid-wedstryd teen die Witbulle ‘n ernstige kopbesering opgedoen het, het vandag by die die Afrikaanse Hoër Seunskool gaan kuier.
Hoofseun, Naudé Lourens, het hom voor die skool op die vierkant verwelkom terwyl Witbulkaptein, Steyn Truter, ‘n geskenk van die skool aan hom oorhandig het.
Sy rehabilitasie het so goed gevorder dat hy môre amptelik uit die Muelmed Hospitaal ontslaan word en na die Kaap kan terugkeer.
Chris gaan ‘n gedeelte van die dag op die Affie-stoepe spandeer en saam met die graad 11’s klasdraf.
“Ons is bitter dankbaar dat jy so vinnig aansterk, Chris. Die Affie-gemeenskap se beste wense vergesel jou huis toe.”



