‘n Bjaarde vrou (95) wat glo deur die polisie in Australië met ‘n taser geskok is, is Woensdag in die hospitaal oorlede.
Clare Nowland, wat dementia gehad het, is met ‘n taser aangeval nadat personeel haar glo met ‘n mes in die hande buite haar kamer in die sentrum waar sy gewoon het, aangetref het.
Die senior polisiekonstabel sal na verwagting binnekort in die hof verskyn op aanklagte van roekelose en nalatige aanranding.
“Dit is met groot hartseer wat ons die dood van die 95-jarige Clare Nowland in Cooma aankondig, sê die plaaslike polisie in ‘n verklaring. – Newshub



